Boekverslag : Dalene Matthee - Kringen In Een Bos
De taal ervan is Afrikaans en het aantal woorden bedraagt 1194 woorden.

Titel

Kringe in 'n Bos



Taal

Afrikaans (mocht op Nederlandse lijst)



Taal uittreksel

Afrikaans



Samenvatting

Die verhaal begin as Saul, 'n jong man, terug na sy geboorteplek to gaan en 'n geweer gaan vra by ou Maska. Maska is baie verbaas en vraag hoekom hy die geweer wil hê. Saul sê hy wil Oupoot, die groot olifant, gaan skiet. Saul wil nie hê dat Terblans die olifant gaan skiet nie. Maska wil eintlik nie hê dat Saul dit gaan doen nie, want dis nogal 'n gevaarlike werk.

Vanaf hierdie moment gaan ons terug in die tyd en kyk ons na Saul se jeug. Saul Barnard, seun van die houtkapper Joram Barnard, is in die bos gebore en grootgemaak. Saul was die tweede seun. Sy broer Jozef was toe twee jaar oud.

Saul se Ma het vir Jozef en Saul leer lees en skryf. Joram het sy seuns alles oor die bos geleer en hulle vertel watter bome watter hout lewer ens. Ook het hulle al die voëls leer ken en die bokke. Die storie oor die bloubokkie wat se gal in sy kop het was vir Saul baie snaaks. Die mense in die bos was nogals bang vir die olifante want hulle is baie gevaarlik. Vandat Saul kan onthou is Oupoot die mees gevreesde olifant en geen houtkapper het sonder respek van hom gepraat. As hulle Oupoot se spoor gekry het, het hulle onmiddelik gekyk watter kant die wind waai. Saul was veertien toe hy Oupoot vir die eerste keer gesien het.



Hy het Oupoot gesien op pad Diepwalle toe. Saul en Jozef het net gaan sit en waterpatats geëet en gerus. Toe skielik beweeg daar iets in die ruigte. Saul het eers gedink dis 'n loerie of iets. Toe sien hy skielik 'n reuse-oor wat tussen die blare flap! Jozef en Saul klim gou in 'n stinkhoutboom. Jozef het meteen gesien dis Oupoot. Saul kon nie sy oë van die olifant af hou nie. Maar Oupoot het hulle nie gejaag nie, hy kon hulle getrap het, maar hy het nie.

Saul het toe sy Pa begin help met houtkap en die uitsleep van waenhout.



Saul het toe ook 'n bloubokkie gevind en sy kop oopgekap, en daar het Saul gesien die gal sit nie in die bokkie se kop nie. Saul is baie onsteld daarmee, niemand wil hom glo nie as hy sê die gal is nie in die bloubokkie se kop nie.

Vanaf hierdie moment kom daar 'n wending in Saul se gedagtes.



Toe kom Saul vir die eerste keer in sy lewe in die dorp, Knysna, Saul het niks geweet nie van buite die bos nie en hy was baie verbaas toe hy die dorp sien. Die wêreld was daarso so verskriklik oop en die mense loop in snaakse klere. Saul het ook duiselig geword toe hy die see sien.



Hulle het Knysna toe gekom om die waenhout te verkoop. Joram sien dat daar 'n ander houtkoper is as die vorige kere. Mister Page, die ou koper is terug Engeland toe en nou is MacDonald die nuwe houtkoper. MacDonald was nie nice nie en hy het gesê hulle waenhout is derde klas hout, wat glad nie so was nie. MacDonald wil nie hulle baie geld gee nie en skryf net hul skulde in 'n boek. Saul het toe ook vir die eerste keer Engels gesien in die dorp. Joram was baie omgekrap en was selfs bang vir MacDonald. Saul was nooit weer kind na daardie dag nie. Iets breek as jou Pa, groot sterk, wat 'n byl kon swaai soos geen ander man in die Bos nie, as jy hom soos 'n hond sien vra om kos en twak...



Hulle sien ook die skool en daar voel Saul baie skaam. Die kinders het daar kom staan om vir hulle te kyk en te lag. Dan ontmoet hy ook vir die eerste keer 'n meisiekind, wat later sy vrou sal word. Sy vra vir hom in Engels of hy van die bos kom, maar Saul verstaan dit nie en hy sê niks nie.



So kap hulle verder en kom hulle steeds terug in die dorp en is MacDonald steeds kwaad oor dat hulle hout nie goed is nie ens. Die een keer het MacDonald vir Joram gesê hy soek 'n sterk jongman om by die houtskuur te werk. Joram wil absoluut nie hê nie dat Saul daar gaan werk nie, maar as Saul steeds meer moeilikhede met sy Pa en broer kry, besluit hy om te loop en om by MacDonald te werk. Hy ontdek dat Kate die dogter van MacDonald is en hulle sien elkaar elke sondag agter die skuur. Dis 'n groot geheim, want MacDonald mag nie weet nie dat Kate met hom praat nie. Kate gee dan vir hom 'n Engelse book, David Copperfield van Charles Dickens, sodat Saul Engels kan leer. Maar toch hou Saul nog baie van sy Pa en broer en kry hulle baie jammer dat MacDonald hulle so sleg behandel. Hy spoor sy Pa party keer aan om nie so bang te lyk nie.



Kate en Saul praat baie en Saul vertel haar hoe moeilik hy voel omdat hy nêrgens party van is nie, hy behoor nie meer tot die houtkappers nie, maar hy hoor ook nie in die dorp nie. Op een dag is daar gerugte dat daar goud in die bos gevind is. Saul moet nou as 'n gids werk met 'n goudsoeker, Patterson. Patterson was net glad nie gewoon aan die bos nie en Saul het hom party kere baie jammer gekry. Hulle het toe goud gekry, en skielik is die heel bos vol met goudsoekers. Saul besef nou dat hulle die bos seermaak en hy wil nie hê nie dat daar so baie mense in sy bos is nie. Toe Saul terugkom in die dorp is Kate weg, sy is Kaap toe. Saul besluit om alleen goud te soek en dit te verkoop sodat hy weg kan gaan uit Knysna. Hy gaan meubelmaak in George, maar hy besluit toch weer terug Knysna toe te gaan. Hy sien die delwers het die hele plek verander, daar is hotels en alles, midde in die bos is daar hotels en 'n skool, waar hy weer vir Kate sien. Kate gee klas in die skool. Saul is bly om weer vir Kate te sien, maar jammer om te sien hoe die plek deur al die mense bevolk is.



Dan besluit Saul om weg te gaan en gaan met die skip "Pictor" weg.



Ons is nou op die stadium waar die verhaal begin het, Saul kom terug Knysna met die skip en besluit om Oupoot te gaan skiet. Saul hoor sy Pa is dood en Jozef se kind is doodgetrap deur Oupoot. Dan in die bos as hy Oupoot se spore volg, sien hy weer vir Maska, en tot sy groot verbasing ook vir Kate.



Saul skiet Oupoot, en hy besef hoe baie hy van Oupoot gehou het, hy sê Oupoot was sy dierbroer. Hy wou darem net nie hê dat Freek Terblans Oupoot sou skiet nie. Op die einde ontmoet Saul weer vir Jozef. Saul besluit om Jozef se hout te koop en om hom beter te behandel as wat MacDonald gedoen het.



Saul vra dan vir Maska of hy miss Kate vir hom wil roep.
Andere boeken van deze auteur:


Home - Contact - Over - ZoekBoekverslag op uw site - Onze Boekverslagen - Boekverslag toevoegen